The Bridge | Chene & Gerhard
Chené en Gerhard ken mekaar al van skooldae af en het vertel hoe hulle daai tyd niks met mekaar te doen wou he nie! Wel, dit was toé en liefde het hulle vinnig daarna van hulle voete afgeslaan, soveel so, dat goeie vriende in verliefdes verander het.
Ek was vroeg oppad, die oggend van die 8ste Oktober, na The Bridge, Muldersdrift waar die gewoel en werskaf reeds aan die gang was. Die pragtigste details met ‘n eg-Suid-Afrikaanse vintage gevoel het my verras en was ek kinderlik opgewonde toe ek die protea-bruidsruiker sien! Chené en Gerhard is albei kunstenaars en die decor en details het duidelik daarvan gespreek. Hoop julle geniet die “eye candy” net soos ek dit geniet het
Chené en Gerhard, mag julle ‘n fantastiese tyd in Danabaai hé, met visvang en sundowners die lot!
For my english readers: Early on the morning of the 8th October, I was on my way to The Bridge, Muldersdrift, where it was buzzing with activity. The most beautiful details with a truly South African vintage feel surprised me and I was as excited as a child when I saw the protea bridal bouquet! Chené and Gerhard are both artists and the decor and details clearly spoke of it. Hope you enjoy the eye-candy as much as I enjoyed it
Chené and Gerhard, may you have a fantastic time in Dana Bay, with fishing and sundowners, the lot!
Chené se “something old” was haar ouma se ringe – so mooi!
Hierdie tafelplasing-bord het my hart gesteel!
Die koek was opgemaak uit pers, rooi en wit petit fours wat op staanders van bakpoeier blikkies was – super oulik
Na die seremonie was daar vir die gaste chocolate fountains met vrugte kebabs, nougat en marsmellows om in sjokolade te doop – yumm!
By die onthaal het Chené se pa vir Gerhard hierdie pragtige Bybel gegee en verduidelik dat dit die “handboek vir Chené is”
1 Comment
Trackbacks
- Chene & Gerhard (DIY Wedding) | Daily ideas and inspiration for SA Weddings, Kids and Homes
- The Bridge ~ Wedding Venue in Muldersdrift | I Do I Do I Do








































Looks like it was a fun one, Mel!! well done!